Case IH introduces cutting-edge tillage equipment
Advanced tillage implements added to Case IH’s extensive range of implements and farming equipment | Now available to SA producers for soil preparation in autumn and winter
Case IH has introduced a new line-up of tillage and soil cultivation equipment to South African farmers to augment its already comprehensive range of popular implements.The new equipment includes the Case-Ecolo Tiger 875 disc ripper, the Case 475 Speed-Tiller high-speed disc, the Case Tiger-Mate 255 seedbed cultivator, the Case True-Tandem 335VT and 335VT Barracuda vertical tillage tools and the Case True-Tandem 375 Disc Harrow.
Representing more than 175 years of industry experience, Case IH has a worldwide presence in over 160 countries. The company is recognised today as a leader in powerful, reliable and highly efficient equipment to help professional farmers meet the challenges of modern farming.
According to Case IH Implements Product Specialist Johan Grobler, maximising yield potential starts at the time of primary tillage and one of the most critical elements is proper soil management. Case IH knows that growers can dramatically improve crop emergence in the spring by implementing sound soil cultivation practices in autumn and winter.
The Case IH soil management range delivers reliable results and ergonomic, rugged performance to meet producers’ needs, offering a full series of tillage equipment that includes high-speed discs, disc harrows, heavy-offset disc harrows, strip-till applicators, disc rippers, in-line rippers, chisel plows and seedbed cultivators.
The Ecolo-Tiger® 875 disc ripper is the most aggressive on the market with impressive disk-cutting power, high underframe clearance, and a minimum of 91 cm spacing between points. It sizes and mixes crop residue for nutrient release in accordance with crop demands. The Ecolo-Tiger re-establishes pore space, improves internal drainage and increases water holding capacity. It creates level soil conditions to provide a high-yield environment for plants. The result is industry-leading productivity and agronomic advantages for superior soil and rugged durability.
The 475 Speed-Tiller® high-speed disc offers a tillage solution that is simple to use, extraordinarily efficient, and exceptionally versatile. It creates a highly efficient seedbed with a planter-ready field finish and creates a smoother, more level sub-surface floor complimenting accurate seed placement and young root development. The rigid mode of operation allows for greater penetration of tough soils in autumn and winter along with excellent sizing and incorporation of crop residue.
The Tiger-Mate® 255 seedbed cultivator sets new standards for seedbed preparation with advanced features that include an enhanced shank assembly, split-the-middle sweep design and single-point hydraulic depth control. All work together to create an ideal growing environment for crops under any field conditions. The workhorse component of this cultivator is the superior shank assembly, combining force and flexibility to support field speeds of up to 16 km per hour. Thicker shanks, a stronger shank guard channel and increased holding power helps to manage fast-changing field conditions.
The True-Tandem® 375 disk harrow leads its class in durability, reliability and simplicity. Agronomically designed to tackle rough field conditions, the all-purpose 375 disk harrow is ideal for primary tillage and seedbed preparation in both spring and autumn. The symmetrical design offers straight, easy pulling in heavy residue, leaving a level soil finish behind. True-Tandem disk harrow technology combines uniformly distributed pull forces with exclusive Earth Metal blades for optimal tillage performance, even in the roughest of fields. It slices through tough residue, uproots root balls and levels the soil to create the best possible seedbed for your crop.
The True-Tandem™ 335VT vertical tillage tool with its combination of agronomic design features and rugged components, allows producers to take on heavy residue, uneven ground and rocky conditions. The Case IH vertical tillage line-up is built on proven agronomic design principles with industry-exclusive blades, so farmers can effectively cut, size and bury more residue. This patented system moves material up, over and out to stratify soil particles and increase aeration for improved soil tilth and seedbed conditioning.
The True-Tandem™ 335VT Barracuda vertical tillage tool effectively sizes and evenly incorporates even the most stubborn crop residue to leave behind a smooth surface finish second to none. Precise depth adjustment allows for greater control over soil residue cover at planting to fit a wide range of soil types, topographies and management objectives. It promotes a better seedbed finish without the excessive compaction typical of heavier disks.
For more information about the new tillage and soil cultivation implements, or any Case IH equipment or machinery to suit your operation, contact your local authorised Case IH dealer or visit www.caseih.com.
***
Case IH is the professionals’ choice, drawing on more than 175 years of heritage and experience in the agricultural industry. A powerful range of tractors, combines and balers supported by a global network of highly professional dealers dedicated to providing our customers with the superior support and performance solutions required to be productive and effective in the 21st century. More information on Case IH products and services can be found online at www.caseih.com.
Case IH is a brand of CNH Industrial N.V., a World leader in Capital Goods listed on the New York Stock Exchange (NYSE: CNHI) and on the Mercato Telematico Azionario of the Borsa Italiana (MI: CNHI). More information about CNH Industrial can be found online at www.cnhindustrial.com.
For more information contact:
Chimene de Villiers
Head of Marketing and Communications
CNH Industrial Ag & Ce SA
chimene.devilliers@cnhind.com
***
Case IH stel sy nuutste grondbewerkingstoerusting bekend
Gevorderde nuwe grondbewerkingswerktuie tot Case IH se uitgebreide reeks implemente en boerderytoerusting gevoeg | Nou beskikbaar vir SA produsente vir grondvoorbereiding tydens herfs en winter.
Case IH het onlangs ‘n nuwe stel grondbewerkingswerktuie aan Suid-Afrikaanse boere bekendgestel om sy reeds omvattende reeks implemente verder uit te brei.
Die nuwe toerusting sluit die Case IH-Ecolo Tiger 875-skeurploeg, die Case IH 475 Speed-Tiller-hoëspoed dis, die Case IH Tiger-Mate 255-saadbedvoorbereider, die Case IH True-Tandem 335VT en 335VT Barracuda vertikale bewerkingsgereedskap en die Case IH True-Tandem 375-skotteleg in.
Case IH verteenwoordig meer as 175 jaar se bedryfservaring en het ‘n wêreldwye teenwoordigheid in meer as 160 lande. Die maatskappy word vandag erken as ‘n leier in kragtige, betroubare en hoogs doeltreffende toerusting om professionele boere te help om die uitdagings van moderne landbou die hoof te bied.
Volgens Johan Grobler, Case IH Implemente-produkspesialis, begin die maksimalisering van opbrengspotensiaal tydens die primêre bewerkingsperiode, en een van die mees kritieke elemente is behoorlike grondbestuur. Case IH wéét dat produsente die opkoms van hul gewasse in die lente dramaties kan verbeter deur gesonde grondbewerkingspraktyke in die herfs en winter toe te pas.
Die Case IH-grondbewerkingsreeks lewer betroubare resultate en ergonomiese, robuuste werkverrigting om aan al produsente se behoeftes te voldoen, en bied ‘n volledige reeks bewerkingstoerusting wat hoëspoed-disse, skottelêe, swaarafset-skotteleë, skottelploeë, strookbewerkers en skottelsnyers insluit, asook in-lyn skeurploeë, beitelploeë en saadbedvoorbereiders.
Die Ecolo-Tiger® 875-skeurploeg is die mees aggressiewe skeurploeg op die mark met indrukwekkende snykrag, hoë onderraamvryhoogte en ‘n minimum van 91 cm-spasiëring tussen punte. Dit sny en meng plantreste vir beter voedingstofvrystelling in ooreenstemming met spesifieke gewasbehoeftes. Die Ecolo-Tiger hervestig ideale gronddigtheid, verbeter interne dreinering en verhoog waterhouvermoë. Dit skep gelyke grondtoestande om ‘n hoë-opbrengsomgewing vir plante te skep. Die resultaat is toonaangewende produktiwiteit en agronomiese voordele vir voortreflike grondtoestande, met buitengewone duursaamheid.
Die 475 Speed-Tiller®-hoëspoed dis bied ‘n doeltreffende bewerkingsoplossing wat eenvoudig is om te gebruik en butengewoon veelsydig is. Dit los ‘n ideale saadbed met ‘n plant-gereed grondafwerking en skep ‘n gladder, meer gelyke ondergrondse vloer wat akkurate saadplasing en jong wortelontwikkeling komplimenteer. Sy rigiede werking maak voorsiening vir groter penetrasie van taai grondtoestande in die herfs en winter, tesame met uitstekende insluiting van plantreste.
Die Tiger-Mate® 255-saadbedvoorbereider stel nuwe standaarde vir saaivoorbereiding met gevorderde kenmerke wat ‘n verbeterde skagsamestelling, verdeel-die-middel-veegontwerp en enkelpunt-hidrouliese dieptebeheer insluit. Alles werk saam om ‘n ideale groei-omgewing vir gewasse onder enige veldtoestande te skep. Die werkesel-komponent van hierdie werktuig is die voortreflike skagsamestelling, wat krag en buigsaamheid kombineer om werkspoed van tot 16 km per uur te ondersteun. Dikker skenkels, ’n sterker skenkelskermkanaal en verhoogde houvermoë help om vinnig veranderende grondtoestande te bestuur.
Die True-Tandem® 375-skotteleg is ‘n toonbeeld van duursaamheid, betroubaarheid en eenvoud. Dié veeldoelige skotteleg, agronomies ontwerp vir moeilike grondtoestande, is ideaal vir primêre bewerking en saadbedvoorbereiding in beide lente en herfs. Die simmetriese ontwerp bied reguit, maklike intrek van grond, wat ‘n gelyke grondafwerking agterlaat. True-Tandem skyfeg-tegnologie kombineer egalig-verspreide trekkrag met eksklusiewe aardmetaallemme vir optimale verrigting, selfs in die hardnekkigste grondtoestande. Dit sny deur taai oorblyfsels, pluk wortelknolle uit en maak die grond gelyk om die bes moontlike saadbed vir gewasse te skep.
Die True-Tandem™ 335VT-vertikale bewerkingswerktuig, met sy kombinasie van agronomiese ontwerpkenmerke en robuuste komponente, laat produsente toe om swaar, ongelyke grond en selfs klipperige toestande aan te pak. Die Case IH vertikale bewerkingsreeks is gebou op bewese agronomiese ontwerpbeginsels met industrie-eksklusiewe lemme, sodat boere doeltreffend kan sny, en meer plantreste kan begrawe. Hierdie gepatenteerde stelsel beweeg materiaal op, oor en uit om gronddeeltjies te stratifiseer en lug insluiting te verhoog vir beter grondbewerking en saadbedkondisionering.
Die True-Tandem™ 335VT Barracuda-vertikale bewerkingswerktuig bewerk die grond en inkorporeer selfs die hardnekkigste plantreste om ‘n ongeëwenaarde gladde oppervlakafwerking agter te laat. Presiese diepte-aanpassing maak voorsiening vir groter beheer oor grondbedekking tydens plant om by ‘n wye reeks grondtipes, topografieë en bestuursdoelwitte te pas. Dit bevorder ’n beter saadbedafwerking sonder die oormatige verdigting wat dikwels die geval is met die gebruik van swaarder skywe.
Vir meer inligting oor hierdie gevorderde grondbewerkingsimplemente, of enige Case IH-toerusting of -masjinerie om by jou boerdery te pas, kontak jou plaaslike, gemagtigde Case IH-handelaar of besoek www.caseih.co.za
***
Case IH is beroepslui se eerste keuse, met meer as 175 jaar erfenis en ervaring in die landboubedryf. ‘n Kragtige reeks trekkers, stropers en balers wat ondersteun word deur ‘n wêreldwye netwerk van hoogs professionele handelaars wat oorgehaal is om die beste ondersteuning en prestasie-oplossings aan ons klante te bied wat in die 21ste eeu nodig is om produktief en effektief te wees. Meer inligting oor Case IH-produkte en -dienste kan aanlyn gevind word by www.caseih.com.
Case IH is ‘n handelsmerk van CNH Industrial N.V., ‘n wêreldleier in kapitaalgoedere wat op die New York Effektebeurs genoteer is (NYSE: CNHI) en op die Mercato Telematico Azionario van die Borsa Italiana (MI: CNHI). Meer inligting oor CNH Industrial kan aanlyn gevind word by www.cnhindustrial.com.
Vir meer inligting kontak:
Chimene de Villiers
Hoof van Bemarking en Kommunikasie
CNH Industrial Ag & Ce SA
chimene.devilliers@cnhind.com